​‘n Suid-Afrikaanse-styl huis (met vloerplan)

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Single family home
Loading admin actions …

Die tipiese Suid-Afrikaanse huis, ongeag van sy styl of grootte, geniet ‘n vriendelike uitleg, het ‘n verbintenis met die buitelug en is altyd gereed om gaste te ontvang. En alhoewel die spesifieke huisie waarna ons vandag gaan kyk nie in Suid-Afrika geleë is nie, kon dit net sowel ‘n plaaslike ontwerp gewees het, want dit spog met al die bogenoemde eienskappe.

Die argitekte van dié ontwerp het ‘n moderne styl gekies, maar darem nou nie so dat die eindresultaat te kontemporêr voorkom nie – eintlik lyk dié huis van buite af heel aangenaam – en dan bied hy ook nog so ‘n oulike tuin styl en uitleg aan die buitekant aan! 

Om die huis se uitleg beter te verstaan, gaan ons ook na die argitekte se vloerplan kyk.

Maar eers… die buitekant.

‘n Bekoorlike buitekant

As mens vinnig kyk, lyk dié enetjie soos menigte ander wat ons elke dag sien – dis juis wanneer jy die huis deeglik bekyk dat jy sien hoe bekoorlik hy eintlik is.

Helder kleure, ‘n netjiese tuin, defitige dakteëls… alles kom saam om ‘n buitekant op te tower wat mens sommer so welkom laat voel. En vir ‘n 125 m² grootte is dit mos glad nie sleg nie.

Maar hoe lyk hy aan die agterkant?

Die agterkant

Nes die voorkant, bied die huis se agterkant ook ‘n heel aantreklike uitsig aan, want dit is juis hier waar die (groot) tuin ‘n lekker stoep bykry. 

Maar ons almal weet hoe genadeloos die son kan wees, daarom het die argitekte ‘n afdakkie (met klippilare en ‘n oulike boog styl) ingesluit waar mens rustig kan ontspan en/of kuier sonder om bloedrooi te brand. 

Al wat nou nog kort is ‘n koue drankie en ‘n groep vriende!

Die vloerplan

Soos beloof, kyk ons na die huisie se vloerplan ook. En met drie slaapkamers, ‘n oopplan sit-en-eet-area, kombuis, en twee badkamers is hierdie ontwerp glad nie te versmaai nie. 

So, waarvoor wag jy? Kry ‘n professionele argitek om vir jou iets soortgelyks te ontwerp!

Van een ontwerp na ‘n ander, loer gerus na: ‘n Voorafvervaardigde huis vir minder as R400,000.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine