​14 dinge wat jou kuiergaste haat van jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Helmsley, Prestigious Textiles Prestigious Textiles Classic style dining room
Loading admin actions …

Voor jy kwaad word, verstaan net dat ons nie bedoel almal haat jou huis nie – dis maar net dat wanneer dit kuiertyd in ander mense se huise is, het ons almal mos maar ‘n klein dingetjie of twee wat ons pla. En dit is mos maar ‘n feit dat mens nie kan maak soos jy wil in iemand anders se huis nie!

Dus, om jou te help om ‘n beter gasheer (of –vrou) te wees, noem ons so paar probleempies wat sommige mense irriteer wanneer hulle in ander se huise kuier. Lees gerus deur ons lys en sien of jy skuldig is aan ‘n paar…

1. As die klokkie nie werk nie of die voorste ingang is nie goed belig nie.

2. Dis als goed en wel as jou gasheer jou vra om jou skoene uit te trek, maar dan moet daar ten minste stoorplek vir hulle wees.

3. As mens moet vra waar die badkamer is.

4. Of erger – vir ekstra toiletpapier!

5. Om uit ‘n tas te leef is glad nie pret nie – maak seker jy verskaf kas- of laaispasie vir gaste wat vir langer as ‘n dag by jou oorbly.

6. Te veel eetgerei op die eetkamer tafel – moenie dat jou gaste wonder watse vurk hulle moet gebruik vir slaai, hoofgereg ens. nie!

7. Jou huis weerspieël jou unieke smaak, maar moenie hordes dekor goedjies uitstal net omdat jy kan nie – dit kan nogal intimiderend vir jou gaste wees.

8. Om uit die kombuis verban te word is nie lekker nie – mens is mos van nature nuuskierig!

9. Die ideale binnenshuise temperatuur is gewoonlik dieselfde vir die meeste van ons – moenie dat jou gaste verkluim of uitkook nie.

10. Voorkom ‘n ongemaklike situasie—bied die gemaklikste stoele vir jou gaste aan, veral dié wat ouer is of rugprobleme het.

11. Moenie jou gaste irriteer met konstante vrae oor wat hulle dink van jou keuse in kuns of meubels nie.

12. Ongewenste klanke sal enigiemand teen die mure uitdryf – maak seker die musiek vir die aand val in almal se smaak en is nie te hard nie.

13. As jy nou regtig jou gaste op ‘n toer deur jou huis moet neem, maak seker alle vertrekke is netjies.

14. Geen plek om te ontspan nie – jou gaste verdien ‘n rustige (en netjiese) spasie ná ete, of dit nou die sitkamer of die stoep is.

Opsoek na nog wenke vir die perfekte huis? Kyk net na: Ouer as 30? Hierdie is wat jy in jou huis moet hê!

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine