​Die super sjiek somershuis

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern houses Concrete
Loading admin actions …

Argitektuur behels soveel meer as net prentjies teken en bakstene opmekaar stapel. Faktore soos kultuur en geografie speel net so belangrike rol, en beïnvloed definitief die styl en ontwerp van die finale produk. Dis juis hoekom huise en ander geboue wat in warm klimaatstreke voorkom (soos die Mediterreen of, natuurlik, Suid-Afrika) hul eie unieke touches geniet om te verseker die spasies is net so gemaklik en prakties as wat hulle pragtig is! 

Vandag se homify 360° ontdekking neem ons al die pad na Colombia, Suid-Amerika waar ‘n super moderne ontwerp styl, spasie én afwerkings kombineer om aan die inwoners die perfekte droomhuis te besorg, veral wanneer dit kom by die somermaande…

‘n Geometriese ontwerp

Natuurlik speel die inwoners se leefstyl net so groot rol wat die argitektuur se ontwerp aanbetref; hierdie spesifieke huis geniet ‘n super moderne styl wat, danksy sy geometriese vorms, die sosiale- en private areas perfek skei. 

Tamaai groot vensters verseker pragtige uitsigte, asook heerlike vars lug wanneer die binne spasies dit benodig.

Die paradys aan die agterkant

Dit is so duidelik soos daglig dat luuksheid ‘n groot rol in dié argitekte se ontwerp gespeel het, veral hier aan die agterkant, wat daarop uit is om asems weg te slaan met die verskeie balkonne, glasrelings, afdakstoepe en soveel meer!

Perfek vir partytjies

En gepraat van soveel meer, kyk net na hierdie uitmuntende swembad met sy moderne boustyl en fantastiese fonteine, om nie eers te praat van die ruim kuier-, sit- en eetspasies rondom nie. 

Die eksie-perfeksie tuin in die agtergrond verskaf die nodige varsheid en groenigheid.

Die badkamer van die toekoms

Die super sjiek styl van die badkamer lyk kompleet soos iets wat in die toekoms ontwerp is, met blink afwerkings en ‘n treffende kleurskema wat perfek saamwerk. Dis mos nou die perfekte plek vir ‘n borrelbad na ‘n lang dag van swem en kuier!

Onvergeetlike styl

Die futuristiese styl van die badkamer spoel oor na ander areas van die huis, soos die oopplan kombuis en eetkamer wat skoon glinster. Vloere, mure, plafonne, stoele… als hierso geniet ‘n sjiek styl wat die hele vertrek skoon laat skitter. En natuurlik kan niemand daardie treffende beligting miskyk nie!

Van een treffende ontwerp na ‘n ander, kyk bietjie na Die pragtigste huis in Pretoria.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine