​Die beste skeepshouer huis in die hele Johannesburg

Johannes van Graan Johannes van Graan
Off the grid house Johannesburg, A4AC Architects A4AC Architects Modern houses Aluminium/Zinc
Loading admin actions …

Dit lyk net asof daar geen perke is aan wat mens kan bereik met skeepsvraghouer huise nie, veral nie wanneer dit by vandag se homify 360° ontdekking kom nie. 

Die slim mense by A4AC Architects in Johannesburg het dit reggekry om ‘n heel indrukwekkende skepping op te tower in Northcliff wat mens se asem wegslaan sommer van die buitekant af. Maar dis nie net die huis se stylvolle ontwerp wat beïndruk nie – hierdie skepping is ook heel “groen” wanneer dit by energieverbruik kom, wat dit perfek maak vir die moderne 21ste eeu. 

O ja, en het ons genoem dat hierdie skeepsvraghouer huis ‘n heel “hoë” styl geniet?

Lekker hoog

Dis nie aldag dat ‘n huis so ‘n indrukwekkende hoogte geniet nie, wat nog te sê van ‘n woning wat eens op ‘n tyd ‘n ou skeepsvraghouer was? En natuurlik verseker die kombinasie van metale dat die huis se buitekant net nog meer fantasties lyk!

Maklike toegang

Natuurlik is trappe nie die enigste manier om by die voordeur uit te kom nie. ‘n Rolstoel-oprit is bygevoeg aan die ander kant, en hier kan ons ook beter sien net hoe ruim hierdie ontwerp regtig is. 

Maar nou eers vir syfers: die huis geniet ‘n heel gemaklike grootte van 20m (l) × 6m (h) × 20m (b) / 210m². En sy prys? ‘n Koel R1.6 miljoen.

Ideaal vir kuiers

‘n Houtdek vir kuier en ontspan is heel bo aangebring, wat natuurlik die beste uitsigte van die rondomliggende stad verseker.

Die hart van die huis

Aan die binnekant kan mens nie dadelik aflei dat dit ‘n skeepsvraghouer huis is nie – die styl en uitleg van die kombuis lyk asof ons sommer in enige moderne huis (met ‘n industriële ontwerp) kan wees. Dit wys net hoe perfek die kombuis uitgeleg is in terme van vloerspasie, stoorplek, werksareas, sitplek ens – als wat ‘n kombuis gemaklik en prakties maak. 

Volgende op ons loerlysie: 6 stylvolle voorbeelde van skeepsvraghouer huise.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine