​15 pragtige trappe vir jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
SUNSET STRIP RESIDENCE , McClean Design McClean Design Modern corridor, hallway & stairs
Loading admin actions …

Argitektoniese ontwerpe verander konstant – wat vandag in en “trendy” is kan dalk volgende week as outyds beskou word. Maar wanneer dit by moderne style kom, is die fokus geplaas op die perfekte ontwerp wat gerieflik en eenvoudig is, en hierdie twee eienskappe speel beslis ‘n rol wat verseker dat moderne style tydloos en klassiek sal bly.

Dit bring ons by vandag se stukkie inspirasie: moderne trappe wat heel perfek in vandag se huise sal pas (selfs dalk joune) om te verseker die eindresultaat is nie net mooi om na te kyk nie, maar ook prakties en gerieflik.

1. Dié moderne trap en reling kontrasteer te pragtig met die klipmuur in die agtergrond.

2. Kyk net hoe stylvol kan ‘n eenvoudige, spierwit oop-styl trap lyk!

3. Trappe wat lyk asof hulle sweef sal altyd ons stem kry!

4. Minder is mos meer, en dis hoekom die minimalistiese styl ook so tydloos voorkom.

5. Hierdie ontwerp maak dit sy missie om materiale te meng (klip, hout, metaal en glas), en die resultaat is treffend!

6. Hierdie draaiende en kronkelende ontwerp is perfek vir wanneer jy wil hê jou trap moet lekker aandag trek.

7. Kyk net hoe kreatief raak hierdie ontwerp met glas en beton.

8. Moenie die trefkrag van hout onderskat nie; dit kan heel gemaklik by enige styl aanpas, selfs super modern.

9. Danksy neutrale kleure en ‘n skoon ontwerp is hierdie trappe sommer ook ‘n gesofistikeerde dekorstuk.

10. Selfs eenvoudige houttrappe kan pragtig uitstaan, veral met so ‘n sagte kleurskema.

11. Hierdie is definitief een van die treffendste trapontwerpe – en tog lyk dit so eenvoudig om na te boots.

12. Die industriële styl slaan lekker sterk deur danksy hierdie metaal ontwerp wat pryk teen ‘n baksteen muur.

13. Draaitrappe is die beste keuse vir ‘n klein spasie, en dit staan ook lekker uit.

14. Trappe met nisse aan die onderkant wat help met stoorspasie? Dis mos nou die perfekte ontwerp!

15. Ons is seker hierdie trapontwerp sal soveel styl aan enige kinderkamer/speelspasie verskaf.

Voor jy begin spog met jou trappe, lees eers 14 dinge wat jou kuiergaste haat van jou huis.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine