Die stoep wat van vervelig na fantasties verander is

Johannes van Graan Johannes van Graan
Cobertura Jardim Oceânico, Carolina Mendonça Projetos de Arquitetura e Interiores LTDA Carolina Mendonça Projetos de Arquitetura e Interiores LTDA Modern pool
Loading admin actions …

Met Suid-Afrika se warm weer, is daar geen tekort aan verskonings of redes om buite te kuier nie – en as daar nie een is nie, dan maak ons net een op!

Vandag se oordoen stukkie fokus op ‘n stoepie wat die perfekte spasie aanbied vir ‘n ordentlike kuier – maar die area se styl was nie heeltemal voldoende nie. Altans, dit was nie totdat daar besluit is om dit oor te doen…

Kyk net bietjie na die perfekte uitsig en agtergrond (hierdie een kom al die pad van Rio de Janeiro, Brasilië!).

Voor: Heeltemal vergete

Ons neem niemand kwalik dat hulle nie hierso wou kuier (of leef) nie! Alhoewel die area lekker groot is, was daar absoluut niks van die spasie se potensiaal gebruik nie. 

Gelukkig het dit als verander…

Na: Te pragtig!

Ná die opknapping, kan mens skaars glo wat als verander is – hoe wonderlik lyk hierdie buitestoep nie nou nie? 

Maar wag net todat jy sien wat aan die binnekant aangevang is…

Na: Die kombuis

Hierdie opknappingsprojek het ook dele van die huis se binnekant ingesluit, soos die kombuis. En met sy minimalistiese styl, rustieke materiale en aardse kleure, kan ons nie aan ‘n beter ontwerp vir hierdie spasie dink nie. 

Ons gunsteling deel? Beslis daardie pizza oond in die hoek…

Na: Die sitkamer

Die fantastiese ontwerp spoel oor na die sitkamer, waar ons ‘n heerlike uitsig en tonne natuurlike lig geniet, danksy daardie glasdeure en –vensters.

Die beste deel!

En ons het die beste vir laaste gelos… die manjifieke swembad, wat hierdie buitenste spasie soos ‘n vyf-ster paradys laat lyk! Kyk net hoe mooi werk die teëls, plante, hout, kleure en teksture saam, en dan kan ons mos nie vergeet van die briljante agtergrond/uitsig nie!

Dis mos nou die perfekte kuierplekkie vir hierdie somer, of hoe?

Vir nog fantastiese oordoen projekte, loer gerus na Voor en na: Vervelige balkonne wat styl kry (sonder ‘n fortuin).

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine