​Wat Feng Shui vir jou huis (en bankbalans) kan doen

Johannes van Graan Johannes van Graan
The Mews - Holland Park, IS AND REN STUDIOS LTD IS AND REN STUDIOS LTD Modern living room
Loading admin actions …

Wanneer dit by Feng Shui kom, is die wêreld maar in twee gedeel: dié wat dit glo en dié wat dink dis ‘n pot onsin. Alhoewel ons nou nie mense gaan probeer oortuig dat dit hul lewens gaan verander nie, kan ons wel saamstem dat dit ‘n verskil aan jou huis se styl en “look” maak!

Vandag se Feng Shui stukkie vertel vir ons maniere hoe om ons huis te dokter sodat positiewe energie en rykdom ons kan vind. Kyk maar en besluit self hoe jy daaroor voel… kan tog nie skade doen nie, of hoe?

1. Hou jou ingang skoon

Volgens Feng Shui sal rykdom maklik by jou lewe instap as jou huis se ingang netjies is. Dit maak tog sin, en wie wil in elk geval ‘n vuil ingang hê?

2. Versier met rooi, groen of pers

Watse kleur jy gaan kies hang af van persoonlike smaak, maar blykbaar kan al drie maak dat jou lewe (en bankbalans) bietjie waarde kry.

3. Gebruik dekor met goud

‘n Goue afwerking hier en daar in jou huis sal glo sorg dat rykdom volg – en natuurlik sal daardie vertrek (of dit nou jou sitkamer, kombuis of slaapkamer is) mos ekstra luuks lyk!

4. ‘n Skoon kombuis

Kombuise is direk verbind met die opgaar van rykdom (volgens Feng Shui), wat beteken hulle moet permanent skoon en netjies gehou word.

Wat van jy kombineer hierdie wenk en nommer twee en versier vir jouself ‘n rooi, minimalistiese kombuis?

5. Oop spasies

Skoon lyne en oop uitlegte is belangrik, en nie net sodat rykdom in jou lewe instap nie, maar ook sodat jy gemaklik kan rondstap in jou huis.

6. Kyk na jou krane

‘n Druppende kraan is nie net irriterend nie, maar dit kan jou ook duur uitwerk – op meer as een manier, aangesien Feng Shui vir ons vertel dat water simbolies is van mens se persoonlike rykdom.

7. Werk met vriendelike onwerpe

Helder kleure, oulike patrone, vriendelike ontwerpe… dit help nie net om jou huis meer verwelkomend te maak nie, maar trek ook positiewe krag aan.

Ons stel voor ‘n paar oulike potplante in helder kleure!

Gepraat van plante, beloer gerus hierdie 18 briljante doen-dit-self projekte vir jou stoep en tuin.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine