​Voor en na: ‘n Ou woonstel kry moderne styl

Johannes van Graan Johannes van Graan
El antes y después de una vivienda en Sevilla, Dogares Dogares
Loading admin actions …

‘n Huis hoef nie noodwendig uitmekaar te val voordat daar besluit word om met ‘n opknapping te begin nie. Somtyds is net ‘n outydse hoekie of vertrekkie nodig om jou twee keer te laat dink – en vandag se stukkie is die perfekte voorbeeld.

Hierdie woonstel (in Spanje) was nou wel nie in puin nie, maar het beslis ‘n bietjie skoonheid en moderne styl verdien. Gelukkig was die begroting genoeg om sommer die hele struktuur oor te doen!

Voor: Gekraakte verf, outydse vloerteëls en ‘n onnetjiese styl.

Na: Die stoep lyk sommer splinternuut danksy nuwe mure, potplante, teëls en ‘n ordentlike skoonmaaksessie.

Voor: ‘n Beknopte kombuis met ou teëls en outydse meubels.

Na: Danksy ‘n neutrale kleurskema en vlekvrye staal, geniet hierdie kookspasie soveel meer styl!

Voor: ‘n Baie hartseer sitkamer.

Na: Dis mos nou hoe jy styl en persoonlikheid in jou kuierplekkie inbring.

Voor: Die vriendelike styl van die badkamer het potensiaal gehad, maar die inwoners het meer elegansie gesoek.

Na: Aardse kleure, nuwe teëls en koperafwerkings was net die ding!

Volgende op ons loerlys: 20 pragtige en moderne houtkombuise.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine