​Hou jou huis koel dié somer

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify
Loading admin actions …

Om in ‘n groot en pragtige huis te bly is een ding, maar om seker te maak dis gemaklik is iets heeltemal anders, veral wanneer dit by ons vreeslike Suid-Afrikaanse somers kom.

Ja, mens kan die gewone raad volg soos vensters oopmaak, gordyne toetrek, waaiers aanskakel ens, maar jou huis se bou kan ook ‘n groot verskil maak.

Kom ons beloer so paar wenke…

1. ‘n Afdak vir jou stoep (al is dit net ‘n gewone pergola) kan help om te keer dat maksimum sonlig jou huis binnedring.

2. Kyk mooi na die tipe materiaal wat jy gebruik vir pergola- en stoepdakkies, aangesien nie almal van hulle bestand is teen UV-bestraling nie.

3. Sien jy watse verkil hierdie PVC panele aan die sonlig/skadu onderaan maak?

4. Tamaai groot glasdeure wat oopgelaat word kan heerlik werk om vars briesies na binne te laat.

5. Donker kleure absorbeer meer van die son se hitte; gelukkig het hierdie huis met sy ligte- en aardse kleure nie daardie probleem nie.

6. Watse area van jou huis gaan deur die middagson getref word. Besluit mooi waar jy vensters en glasdeure wil insit.

Beloer gerus hierdie 7 agtererf idees vir hierdie somer.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine